Die mode- en skoonheidshuis Dior het vroeër dié week hul splinternuwe modereeks, die Dior Cruise Collection 2016, in Cannes, Frankryk bekend gestel. Vir die modevertoning het Peter Philips, kreatiewe en beeld-direkteur van Dior Make-up, ’n vars en neutrale grimeervoorkoms geskep. “Dis ’n stralende skoonheidsvoorkoms wat natuurlik vleiend is en by die gemaklike styl van die modereeks pas,” het hy in ’n persverklaring gesê.
Hiér deel Dior 5 eenvoudige stappe om dié natuurlike voorkoms te kry.
FOTO: Jennifer Lawrence dra wéér Dior

FOTO: Cruise 2016, Dior Show Backstage, Dior Make-up created and styled by Peter Philips
Photography: Vincent Lappartient for Christian Dior Parfums
Het Sarah Jessica Parker Sex and the City 3 bevestig?
1. Wend ’n onderlaag met ’n glans-afwerking aan vir ’n stralende en vleklose gelaat. Vir ’n tikkie kleur, wend ’n rosige blosser op die appels van jou wange aan en skakeer dit opwaarts. Verlig en verbloem donker kringe onder jou oë met ’n verbloemerpen.
2. Gebruik ’n oogskadu-palet met neutrale skakerings van lig na donker en wend die ligste skakering oor jou hele ooglid en oogbank aan.
3. Gebruik dan een skakering donkerder en wend dit oor jou ooglid aan. Wend daarna die donkerste skakering baie liggies net bo jou boonste wimperlyn aan.
4. Vul jou wenkbroue liggies in met ’n wenkbroupotlood en kam dit netjies met ’n wenkbrou-jel om definisie te skep. Rond jou voorkoms af met twee lae maskara.
5. ’n Ligte lipglans met ’n pienk skynsel is al wat jy vir jou lippe nodig het.
Hiér is ’n paar agter-die-skerms-foto’s van die Dior Cruise Collection 2016-modevertoning




Slaan beurtkrag ’n kishou met dié stylvolle items
Probeer dié produkte van Dior
- Diorskin Star Fluid Foundation (R680)
- Diorblush Powder Blush in Rose Cherie (R605)
- Diorskin Star Concealer (R435)
- Dior Eye Reviver Eye Shadow Palette (R810)
- Diorshow Mascara (R435)
- Diorshow Brow Styler Gel (R395)
- Dior Addict Lip Maximizer in Sparkling (R485)







Dié vrou wil jou waarsku teen sonskade
The post Kry die voorkoms: Grimering wat vars en natuurlik lyk appeared first on SARIE.