Ons splinternuwe Mej. SA, Liesl Laurie, is gisteraand tydens ’n spoggeleentheid by Sun City gekroon. En ons is mal oor die finaliste se glansryke grimeervoorkoms! Danksy die skoonheidshuis Smashbox het hulle gespog met ’n dramatiese katoog-voorkoms by ’n gloeiende, foutlose gelaat en subtiele lippe. Hiér verduidelik ons jou stap vir stap hoe om elke dag ’n maklike weergawe van dié elegante voorkoms te kry.
FOTO’s: Amor Vittone se nuwe bob!


Sê JA! Nuwe parfuum-advertensieveldtog onthul – kyk na die video hiér
Vel
- Hou jou vel natuurlik. Die geheim is om ’n goeie basislaag (primer) oor jou hele gesig en rondom jou oë aan te wend om jou vel glad en gehidreerd te hou.
- Wend dan ’n BB- of CC-room aan vir ligte bedekking, asook ’n verligter onder jou oë om dié deel te verhelder.
- Tik ’n gesigpoeier aan vir ekstra bedekking. Dit sal ook jou grimering langer laat hou.
Kontoerlyne
- Gebruik ‘n verbronser en verligter om kontoerlyne op jou gesig te skep.
- Skakeer ’n ligte verbronser onder jou wangbene om dit sterker te laat lyk.
- Gebruik dan ’n verligter op die deel tussen jou wangbeen en oog.
Oë
- Kleur jou wenkbroue in met ’n potlood en kam dit netjies met ’n borseltjie om definisie te skep en jou voorkoms af te rond.
- Wend ’n oogskadu in ’n metaalskakering soos brons of goud oor jou hele ooglid aan en skakeer dit opwaarts oor jou oogbanke.
- Die fokuspunt van dié voorkoms is ’n dramatiese katoog-voorkoms. Gebruik ’n swart vloeibare oogomlyner en trek ’n lyntjie teenaan jou boonste wimpers. Trek die lyntjie dun in die binnehoeke van jou oë en laat dit geleidelik dikker word na buite. Trek dan ’n “vlerkie” aan die buitenste hoek van jou oog. Om seker te maak jy trek ’n soliede, reguit streep, kan jy ’n kolletjie maak waar jou katoog moet eindig.
- Rond jou oë af met twee lae maskara.
Lippe en wange
- Kies ‘n neutrale skakering van ’n grimeerproduk wat jy sommer op jou wange én lippe kan gebruik. Wend dit aan jou lippe en aan die appels van jou wange en skakeer dit opwaarts.
Kendall Jenner in speelse nuwe advertensie-video
Probeer dié Smashbox-produkte:
- Smashbox Photo Finish Primer Water (R400)
- Smashbox Photo Finish Hydrating Under Eye Primer (R340)
- Smashbox Camera Ready BB Cream SPF 35 (R420)
- Smashbox Camera Ready BB Cream Eyes SPF 15 (R340)
- Smashbox Photo Filter Powder Foundation (R425)
- Smashbox Step By Step Contour Kit (R550)
- Smashbox Brow Tech To Go Pencil & Gel (R280)
- Smashbox 15 Hour Limitless Cream Eye Shadow in Quartz (R250)
- Smashbox Limitless Liquid Liner in Black (R280)
- Smashbox Full Exposure Mascara (R235)
- Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Silver Lake Sunset en Hollywood & Highlight (R320 elk). Beskikbaar vanaf Mei
A photo posted by Willofmyown (@willofmyown) on
KKNK 2015 sien jou daar – lees meer!
The post Kry die voorkoms: Mej. SA se glansryke grimering appeared first on SARIE.