Die SARIE-skoonheidspan het onlangs ’n slim truuk vir voller wimpers ontdek – tightlining!
Die tightlining-tegniek behels dat jy nie net jou oogomlyner bo jou boonste wimperlyn aanwend nie, maar ook tussenin jou wimpers. Dit skep die illusie dat jou wimpers nader aan mekaar lê, en laat dit só voller en meer lyk. Jy hoef dan nie eens maskara aan te wend nie!
Lady Gaga spog met 4 haarkleure in net ’n paar dae!
Kyk na dié video van New Beauty oor hoe om die tightline-tegniek te gebruik:
Ons eerste inspirasie-wenners – lees meer hiér!
Wenk: Gebruik eerder ’n potlood- of jel-oogomlyner vir dié tegniek, omdat ’n vloeibare oogomlyner in jou oë kan inloop.
Probeer dié oogomlyners:
- Maybelline Master Kajal Khôl Liner in Pitch Black (R145)
- Chanel Stylo Yeux Waterproof Long-Lasting Eyeliner in Noir Intense (R365)
- Clarins Crayon Khôl Long-Lasting Eye Pencil With Brush in Intense Black (R250)
- Wet n Wild ColorIcon Eyeliner Pencil in Charcoal (R25). By Clicks
- Revlon ColorStay Eyeliner in Black (R135)





Bron: New Beauty
Kry hiér jou skoonheidsinspirasie vir Maart!
The post Stap vir stap: Laat jou wimpers voller lyk appeared first on SARIE.