Quantcast
Channel: Stap vir stap – SARIE
Viewing all 19 articles
Browse latest View live

Stap vir stap: Laat jou wimpers voller lyk

$
0
0

Die SARIE-skoonheidspan het onlangs ’n slim truuk vir voller wimpers ontdek – tightlining!

Die tightlining-tegniek behels dat jy nie net jou oogomlyner bo jou boonste wimperlyn aanwend nie, maar ook tussenin jou wimpers. Dit skep die illusie dat jou wimpers nader aan mekaar lê, en laat dit só voller en meer lyk. Jy hoef dan nie eens maskara aan te wend nie!

Lady Gaga spog met 4 haarkleure in net ’n paar dae!

Kyk na dié video van New Beauty oor hoe om die tightline-tegniek te gebruik:

Ons eerste inspirasie-wenners – lees meer hiér!

Wenk: Gebruik eerder ’n potlood- of jel-oogomlyner vir dié tegniek, omdat ’n vloeibare oogomlyner in jou oë kan inloop.

Probeer dié oogomlyners:

  1. Maybelline Master Kajal Khôl Liner in Pitch Black (R145)
  2. Chanel Stylo Yeux Waterproof Long-Lasting Eyeliner in Noir Intense (R365)
  3. Clarins Crayon Khôl Long-Lasting Eye Pencil With Brush in Intense Black (R250)
  4. Wet n Wild ColorIcon Eyeliner Pencil in Charcoal (R25). By Clicks
  5. Revlon ColorStay Eyeliner in Black (R135)
Maybelline Master Kajal Khôl Liner in Pitch Black Chanel Stylo Yeux Waterproof Long-Lasting Eyeliner in Noir Intense Clarins Crayon Khôl Long-Lasting Eye Pencil With Brush in Intense Black Wet n Wild ColorIcon Eyeliner Pencil in Charcoal Revlon ColorStay Eyeliner in Black

Bron: New Beauty

Kry hiér jou skoonheidsinspirasie vir Maart!

The post Stap vir stap: Laat jou wimpers voller lyk appeared first on SARIE.


Die Gary Rom-blog: Gekrimpde hare

$
0
0

Gekrimpde hare, of crimped hair, is een van daardie trends wat niemand gedink het gaan ooit weer in die mode wees nie, maar tog is dit. Onlangs sien ons dit op die loopplank én bekendes soos die sangeres Christina Millian en model Tyra Banks dra dié haarstyl. Die span van Gary Rom Woodlands wys ons hoe om dié voorkoms te kry.

Volg die 6 eenvoudige stappe om dié voorkoms te kry

Stap 1: Was jou hare soos normaal en maak dit droog met ’n handdoek, maar moenie dit vryf nie. Maak seker dat dit steeds redelik nat is, maar dit moenie water drup nie.

Stap 2: Gebruik ’n wyetand-kam en kam jou hare totdat daar nie meer koeke is nie. Verdeel jou hare in seksies (hoeveelheid hang af van die dikte van jou hare).

Stap 3: Vleg elke seksie liggies, maar moenie te hard trek nie, want jy wil nie jou kopvel seermaak nie. Die vlegsel moenie te los wees nie, anders gaan jy net golwe kry en nie die krimpel-effek nie. Maak die punte vas met ’n rekkie om seker te maak jou vlegsel bly styf.

Stap 4: Hou jou hare heeldag in die vlegsels of slaap daarmee totdat jou hare droog is.

Stap 5: As jy nie tyd het om jou hare vanself droog te laat word nie, blaas dit vir sowat 5-10­ minute op ’n koue-stelling. Warm hitte sal jou hare uitdroog en beskadig as jy te lank daarmee jou hare droogblaas.

Stap 6:
Moenie jou hare borsel nie, trek net jou vingers daardeur en fluff dit bietjie.

Geniet jou nuwe gekrimpelde hare!

Monique Visagie, meester-haarstileerder, Gary Rom Woodlands
*Monique Visagie is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)

The post Die Gary Rom-blog: Gekrimpde hare appeared first on SARIE.

Kry die voorkoms: Mej. SA se glansryke grimering

$
0
0

Ons splinternuwe Mej. SA, Liesl Laurie, is gisteraand tydens ’n spoggeleentheid by Sun City gekroon. En ons is mal oor die finaliste se glansryke grimeervoorkoms! Danksy die skoonheidshuis Smashbox het hulle gespog met ’n dramatiese katoog-voorkoms by ’n gloeiende, foutlose gelaat en subtiele lippe. Hiér verduidelik ons jou stap vir stap hoe om elke dag ’n maklike weergawe van dié elegante voorkoms te kry.

FOTO’s: Amor Vittone se nuwe bob!

FOTO: Smashbox

FOTO: Smashbox

Ons splinternuwe Mej. SA, Liesl Laurie
FOTO: Instagram (@official_misssa) Will Malherbe, grimeerkunstenaar van Smashbox, agter die skerms saam met die finaliste
FOTO: Instagram (@willofmyown)

Sê JA! Nuwe parfuum-advertensieveldtog onthul – kyk na die video hiér

Vel

  • Hou jou vel natuurlik. Die geheim is om ’n goeie basislaag (primer) oor jou hele gesig en rondom jou oë aan te wend om jou vel glad en gehidreerd te hou.
  • Wend dan ’n BB- of CC-room aan vir ligte bedekking, asook ’n verligter onder jou oë om dié deel te verhelder.
  • Tik ’n gesigpoeier aan vir ekstra bedekking. Dit sal ook jou grimering langer laat hou.

Kontoerlyne

  • Gebruik ‘n verbronser en verligter om kontoerlyne op jou gesig te skep.
  • Skakeer ’n ligte verbronser onder jou wangbene om dit sterker te laat lyk.
  • Gebruik dan ’n verligter op die deel tussen jou wangbeen en oog.

  • Kleur jou wenkbroue in met ’n potlood en kam dit netjies met ’n borseltjie om definisie te skep en jou voorkoms af te rond.
  • Wend ’n oogskadu in ’n metaalskakering soos brons of goud oor jou hele ooglid aan en skakeer dit opwaarts oor jou oogbanke.
  • Die fokuspunt van dié voorkoms is ’n dramatiese katoog-voorkoms. Gebruik ’n swart vloeibare oogomlyner en trek ’n lyntjie teenaan jou boonste wimpers. Trek die lyntjie dun in die binnehoeke van jou oë en laat dit geleidelik dikker word na buite. Trek dan ’n “vlerkie” aan die buitenste hoek van jou oog. Om seker te maak jy trek ’n soliede, reguit streep, kan jy ’n kolletjie maak waar jou katoog moet eindig.
  • Rond jou oë af met twee lae maskara.

Lippe en wange

  • Kies ‘n neutrale skakering van ’n grimeerproduk wat jy sommer op jou wange én lippe kan gebruik. Wend dit aan jou lippe en aan die appels van jou wange en skakeer dit opwaarts.
FOTO: Smashbox

FOTO: Smashbox

With the winner of Miss South Africa 2015 #missSA2015 #liesllaurie

A photo posted by Willofmyown (@willofmyown) on

Kendall Jenner in speelse nuwe advertensie-video

Probeer dié Smashbox-produkte:

  1. Smashbox Photo Finish Primer Water (R400)
  2. Smashbox Photo Finish Hydrating Under Eye Primer (R340)
  3. Smashbox Camera Ready BB Cream SPF 35 (R420)
  4. Smashbox Camera Ready BB Cream Eyes SPF 15 (R340)
  5. Smashbox Photo Filter Powder Foundation (R425)
  6. Smashbox Step By Step Contour Kit (R550)
  7. Smashbox Brow Tech To Go Pencil & Gel (R280)
  8. Smashbox 15 Hour Limitless Cream Eye Shadow in Quartz (R250)
  9. Smashbox Limitless Liquid Liner in Black (R280)
  10. Smashbox Full Exposure Mascara (R235)
  11. Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Silver Lake Sunset en Hollywood & Highlight (R320 elk). Beskikbaar vanaf Mei

 

Some of the HOT #Smashbox products being used backstage for #missSA2015 #smashboxSA #radiantskin #contour #glow

 

A photo posted by Willofmyown (@willofmyown) on

KKNK 2015 sien jou daar – lees meer!

The post Kry die voorkoms: Mej. SA se glansryke grimering appeared first on SARIE.

Geometriese patrone vir naels

$
0
0

’n Manikuur waar net ’n deel van jou nael geverf word, is nou gróót op die loopplank. Kies neutrale skakerings soos nude, ligpienk en grys saam met kontrasterende skakerings soos dieprooi en vlootblou om eenvoudige geometriese ontwerpe mee te skep.

Gaan Kate en William hul baba Alice noem? – lees meer hiér

FOTO: Instagram (@stephstonenails) FOTO: Instagram (@huffpostbeauty) FOTO: Instagram (@esteelauder) FOTO: Instagram (@aliciatnails) FOTO: Instagram (@opi_products) FOTO: Instagram (@essiepolish) FOTO: Instagram (@essiepolish) FOTO: Instagram (@sally_hansen) FOTO: Instagram (@sally_hansen) FOTO: Instagram (@missladyfinger)

Hiér verduidelik ons stap vir stap hoe om die voorkoms hieronder tuis te skep

Blue and grey swoops for @kimchibblt

A photo posted by Alicia Torello (@aliciatnails) on

Leer ken jou vel se bloudruk met nuwe veldtog

Stap 1: Wend ’n deursigtige basislaag op jou naels aan.

Stap 2: Plak die helfte van jou naels toe met ’n stukkie kleefband.

Stap 3: Verf die punte van jou naels met ’n ligte of neutrale skakering.

Stap 4: Verwyder die kleefband sodra die naellak heeltemal droog is.

Stap 5: Verf dan ’n dun strepie op jou naelpunte met ’n helder of glans-skakering.

Stap 6: Wend ’n deursigtige boonste laag aan.

- Portia Ntsholo, nasionale opleier van essie

WENK: Wend eerder ’n paar baie dun lagies naellak aan as wat jy een dik laag probeer aanwend.

Probeer dié produkte

  1. Mavala Nail Color Cream in Duchess Rose (R68)
  2. O.P.I Nail Lacquer in Thank Glogg It’s Friday! (R160)
  3. essie Nail Polish in Style Cartel (R135)
  4. Morgan Taylor Professional Nail Lacquer in No Way Rosé (R123)
  5. Sally Hansen Big Shiny Top Coat (R90)
Mavala Nail Color Cream in Duchess Rose O.P.I Nail Lacquer in Thank Glogg It's Friday! essie Nail Polish in Style Cartel Morgan Taylor Professional Nail Lacquer in No Way Rosé Sally Hansen Big Shiny Top Coat

Kendall Jenner, Justin Bieber … Instagram se ‘koninklikes’

The post Geometriese patrone vir naels appeared first on SARIE.

Stap-vir-stap: Moderne blomme op jou naels

$
0
0

Aangesien ons dié maand energieke blomkleure vier, deel ons graag dié moderne tog prettige blompatroon vir jou naels. Volg bloot Michelle Saunders, ’n manikuris vir essie, se stap-vir-stap-wenke.

Rolene Strauss se mooiste jaar

Jy benodig

  • 3 naellakskakerings in seegroen, wit en swart
  • ’n paar vuurhoutjies
  • ’n stukkie tinfoelie

Stappe

  1. Wend ’n deursigtige basislaag aan jou naels en laat dit droog word.
  2. Wend twee lae van die seegroen skakering aan.
  3. Drup ’n paar druppels wit naellak op die tinfoelie en doop die voorpunt van die vuurhoutjie daarin. Druk nou liggies vyf kolletjies in ’n sirkel op jou naels om die blare van ’n blommetjie te vorm. Herhaal twee tot drie keer op elke nael, afhangend van hoe groot jou naels is.
  4. Drup daarna ’n groot druppel swart naellak op die tinfoelie. Gebruik die voorpunt van ’n nuwe vuurhoutjie, doop dit liggies in die swart naellak en druk dan ’n klein swart kolletjie in die middel van elke wit blommetjie.
  5. Wend ’n deursigtige boonste lagie aan sodra jou naels heeltemal droog is.
Stap 1 blomme naels diy Stap 2 blomme naels diy blomme naels diy Stap 3 blomme naels diy blomme naels diy blomme naels diy

Wenk: Hou die ontwerp interessant deur halwe blommetjies rondom die kante van jou naels ook te verf.

Prins George se oulikste oomblikke

Probeer dié naellakskakerings

  1. Morgan Taylor Stick With It Long-Wearing Nail Base Coat (R123)
  2. Sally Hansen Complete Salon Manicure in Jaded (R90)
  3. essie Nail Polish in Blanc (R135)
  4. Nails Inc Gel Effect Nail Polish in Black Taxi (R115). By Edgars
  5. O.P.I Top Coat (R170)
morgan taylor base coat naels sally hansen jaded naels essie blanc naels nails inc black taxi naels opi top coat naels

Mr. Grey, Jamie Dornan, is hier in SA!

The post Stap-vir-stap: Moderne blomme op jou naels appeared first on SARIE.

Kry die voorkoms: Grimering wat vars en natuurlik lyk

$
0
0

Die mode- en skoonheidshuis Dior het vroeër dié week hul splinternuwe modereeks, die Dior Cruise Collection 2016, in Cannes, Frankryk bekend gestel. Vir die modevertoning het Peter Philips, kreatiewe en beeld-direkteur van Dior Make-up, ’n vars en neutrale grimeervoorkoms geskep. “Dis ’n stralende skoonheidsvoorkoms wat natuurlik vleiend is en by die gemaklike styl van die modereeks pas,” het hy in ’n persverklaring gesê.

Hiér deel Dior 5 eenvoudige stappe om dié natuurlike voorkoms te kry.

FOTO: Jennifer Lawrence dra wéér Dior

FOTO: Cruise 2016, Dior Show Backstage, Dior Make-up created and styled by Peter Philips Photography: Vincent Lappartient for Christian Dior Parfums

FOTO: Cruise 2016, Dior Show Backstage, Dior Make-up created and styled by Peter Philips
Photography: Vincent Lappartient for Christian Dior Parfums

Het Sarah Jessica Parker Sex and the City 3 bevestig?

1. Wend ’n onderlaag met ’n glans-afwerking aan vir ’n stralende en vleklose gelaat. Vir ’n tikkie kleur, wend ’n rosige blosser op die appels van jou wange aan en skakeer dit opwaarts. Verlig en verbloem donker kringe onder jou oë met ’n verbloemerpen.

2. Gebruik ’n oogskadu-palet met neutrale skakerings van lig na donker en wend die ligste skakering oor jou hele ooglid en oogbank aan.

3. Gebruik dan een skakering donkerder en wend dit oor jou ooglid aan. Wend daarna die donkerste skakering baie liggies net bo jou boonste wimperlyn aan.

4. Vul jou wenkbroue liggies in met ’n wenkbroupotlood en kam dit netjies met ’n wenkbrou-jel om definisie te skep. Rond jou voorkoms af met twee lae maskara.

5. ’n Ligte lipglans met ’n pienk skynsel is al wat jy vir jou lippe nodig het.

Hiér is ’n paar agter-die-skerms-foto’s van die Dior Cruise Collection 2016-modevertoning

FOTO: Cruise 2016, Dior Show Backstage, Dior Make-up created and styled by Peter Philips
Photography: Vincent Lappartient for Christian Dior Parfums FOTO: Cruise 2016, Dior Show Backstage, Dior Make-up created and styled by Peter Philips
Photography: Vincent Lappartient for Christian Dior Parfums FOTO: Cruise 2016, Dior Show Backstage, Dior Make-up created and styled by Peter Philips
Photography: Vincent Lappartient for Christian Dior Parfums FOTO: Cruise 2016, Dior Show Backstage, Dior Make-up created and styled by Peter Philips
Photography: Vincent Lappartient for Christian Dior Parfums

Slaan beurtkrag ’n kishou met dié stylvolle items

Probeer dié produkte van Dior

  1. Diorskin Star Fluid Foundation (R680)
  2. Diorblush Powder Blush in Rose Cherie (R605)
  3. Diorskin Star Concealer (R435)
  4. Dior Eye Reviver Eye Shadow Palette (R810)
  5. Diorshow Mascara (R435)
  6. Diorshow Brow Styler Gel (R395)
  7. Dior Addict Lip Maximizer in Sparkling (R485)

 

Diorskin Star Fluid Foundation Diorblush Powder Blush in Rose Cherie Diorskin Star Concealer Dior Eye Reviver Eye Shadow Palette Diorshow Mascara Diorshow Brow Styler Gel Dior Addict Lip Maximizer in Sparkling

Dié vrou wil jou waarsku teen sonskade

The post Kry die voorkoms: Grimering wat vars en natuurlik lyk appeared first on SARIE.

DIY-Donderdag: 3 resepte vir bad-bederf

$
0
0

Soms is ’n warm bad ná ’n lang dag die beste kuur. Gooi dié kombuis-bestanddele by jou badwater vir ’n ekstra bietjie bederf wat ook goed is vir jou vel.

Lyk soos ’n prinses met dié modes

Kamille en kruisement

Kamille-teeblare is bekend vir hul kalmerende uitwerking, wat dit perfek vir ’n ontspannende bad maak. Dit streel ook sensitiewe, rooi of jeukerige vel. Kruisementblare is verfrissend en help bevorder bloedsirkulasie.

FOTO: Instagram (@bluelotushemp)

FOTO: Instagram (@bluelotushemp)

Bestanddele:

  • 6 sakkies kamilletee (chamomile) of 6 teelepels los kamille-teeblare
  • ’n Kwart koppie los kruisementblare
  • ’n Skoon dun sokkie of ’n koffiefilter
  • ’n Rekkie

Sny die teesakkies oop en gooi die blare binne-in die sokkie of koffiefilter. Gooi die kruisementblare by en maak die “sakkie” vas met die rekkie. Gooi dan die sakkie in die bad terwyl jy warm badwater intap. Laat die sakkie vir sowat 15 minute in die water week voordat jy in die bad klim en ontspan.

Kakao en hawermout

Spesiaal vir sjokoladeliefhebbers! Kakaopoeier is propvol antioksidante wat verskeie teenverouderingsprosesse in jou vel aanhelp. Boonop is die soet reuk van kakao genoeg om die goedvoel-hormone in jou brein vry te stel. Hawermout streel en bevog droë en sensitiewe vel.

FOTO: Instagram (@ginger._.bean)

FOTO: Instagram (@ginger._.bean)

Bestanddele:

  • 1 koppie kakaopoeier
  • ’n Halwe koppie fyngemaalde hawermout

Gooi die hawermout en kakaopoeier in jou warm badwater en roer om dit te versprei. Lê sowat 20 minute daarin. Spoel jouself onder die stort af ná die tyd.

Het jy al gehoor van die #MomBod? – Lees meer!

Roos, melk en heuning

Buiten dat jy heerlik gaan ruik, word jou vel ook afgeskilfer en bevog met dié mengsel. Volroommelk bevat ensieme wat dooie selle help verwyder vir ‘n gladder vel, terwyl heuning bakterieë help verwyder, porieë skoonmaak en jou vel bevog.

FOTO: Instagram (@nns_k)

FOTO: Instagram (@nns_k)

Bestanddele:

  • 1 koppie volroommelk
  • 1 koppie heuning
  • 20 druppels essensiële roosolie

Gooi die bestanddele in jou warm badwater. Lê daarin vir 15 tot 20 minute. Jy kan selfs jou hare in dié mengsel doop.

Bronne: www.totalbeauty.com, Homemade Beauty deur Annie Strole

William en Kate het hul hande vol… – Lees meer hiér

The post DIY-Donderdag: 3 resepte vir bad-bederf appeared first on SARIE.

5 wimper-wenke

$
0
0

Gebruik jou maskara slim vir oë wat aandag trek.

Elke vrou kan die perfekte wimpers skep met die regte maskara, tegnieke en toestelle. Die skoonheidshuis M.A.C het onlangs ’n paar goeie wenke vir wimpers met my gedeel.

1. ’n Wimperkruller maak ’n gróót verskil. Druk dit teenaan jou wimpers vir ’n paar sekondes en herhaal nog een of twee keer totdat al die haartjies mooi gekrul is. ’n Gehalte-toestel met ’n plastiekdeeltjie wat oor jou wimpers druk, beskadig dit nie. Nou kan jy maskara aanwend.

2. Ons het almal verskillende behoeftes. Sommige soek langer wimpers, ander meer volume. Die naam en bewoording op die maskara-buisie sê presies wat dit doen. Kyk vir woorde soos volume, lengthening en thickening.

3. Plaas die maskaraborsel so na as moontlik aan jou wimperlyn en wikkel dit van links na regs deur jou wimpers terwyl jy die borsel deurtrek om elke haartjie van mekaar te skei en met maskara te bedek.

4. Twee (of drie) lae maskara is die sleutel tot vol wimpers. Wend een laag aan en wag ’n minuut of twee voordat jy nog ’n laag aanwend. As jy die lae onmiddellik ná mekaar aanwend, is die nat maskara te swaar en sak die krul wat jy met jou wimperkruller geskep het, uit. Wag nog ’n minuut en wend ’n derde laag aan as jy voel dis nodig. ’n Goeie maskara maak nie klonte nie.

5. Vir bonkige wimpers, soos die model Twiggy dit in die 60’s gedra het, moenie die oortollige maskara van die borselpunt verwyder wanneer jy dit uit die buisie trek nie. Hou die borsel vertikaal en gebruik net die punt om die maskara aan te wend.

Clinique High Lenths Mascara (R255)

Gebruik Estée Lauder Little Black Primer (R295) vóór jou maskara vir ekstra volume, ná jou maskara om dit waterbestand te maak of op sy eie vir subtiele kleur

M.A.C Full Lash Curler (R360)

 

The post 5 wimper-wenke appeared first on SARIE.


DIY-Donderdag: Kontoere vir beste selfie

$
0
0

’n Smaller gesig, hoër wangbene, ’n kleiner neus en voller lippe – dis alles moontlik met die skep van kontoere (contouring). Dis ’n staatmaker-grimeertruuk vir baie Hollywood-sterre en die afgelope jaar ’n gewilde skoonheidstendens. Hiér deel David Coranson-Beaudu, internasionale grimeerkunstenaar vir die Franse skoonheidshuis Black│Up, stappe en wenke om dié kuns te bemeester.

VIDEO: Vuller-behandelings word beproef met unieke eksperiment

Met die skep van kontoere word spesifieke produkte gebruik om kontoerlyne op jou gesig te trek en te skakeer om lig en skadu te skep. Die werklikheidster Kim Kardashian is ’n groot aanhanger en sy skryf haar sterk wangbene en foutlose, glansende vel hieraan toe. Dis nie ’n maklike grimeertegniek om baas te raak nie, maar wanneer jy dit wel onder die knie kry, kan jy letterlik jou voorkoms omtower.

FOTO: Instagram  kimkardashian FOTO: Instagram  kimkardashian

Die produk

Jy het twee produkte nodig – ’n donker skakering wat jy gaan gebruik om skadu’s te skep en ’n verligter om sekere dele van jou gesig te verlig en glans te gee.

Wenk: Die donkerder produk behoort twee skakerings donkerder as jou velkleur te wees en die verligter twee skakerings ligter as jou velkleur.

Die borsel

Gebruik ’n hoekige blosserborsel (angled blush brush). Die hoek van die borselhare help dat jy die produkte in reguit lyne op jou gesig skakeer.

Die tegniek

Jy trek die kontoere op hoofsaaklik drie dele van jou gesig: Jou wange en kakebeen (om dit sterker te laat lyk) en jou neus (om dit smaller te laat lyk). Jy hoef nie op al drie dele te fokus nie. As jy byvoorbeeld reeds sterk wangbene het, maar ’n breër neus, gaan jy net jou neus kontoer of andersom.

Die kuns

Gebruik baie min van die produk wanneer jy begin, veral van die donker kleur, sê David. Die sleutel is om die ligte en donker skakerings baie goed te skakeer sodat jy geen lyne sien nie, maar slegs lig en skadu wat natuurlik lyk.

Is die media moeg vir Kim Kardashian en haar familie?

Een, twee, drie, begin!

(Hou jou muispunt oor die kolle om uit te vind hoe om soos Kim Kardashian kontoerlyne te skep.)

*FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Probeer dié produkte

  1. Black│Up Dual Ended Contouring Stick (R480). By uitsoektakke van Edgars
  2. Inglot HD Face Sculpting Powder in 503 en 505 (R369). By uitsoektakke van Edgars en Inglot-winkels in Gauteng, Kaapstad en Durban
  3. Smashbox Step-by-Step Contour Kit (R550)
  4. Clinique Chubby Stick Sculpting Contour (R280) en Clinique Chubby Stick Sculpting Highlight (R280)
  5. Avon Angle Blush Brush (R80). Skakel 0860 102 345

Luukse lipstiffies soos jy nog nooit gesien het nie – lees meer!

Dié inligting kom uit die Julie 2015-uitgawe van SARIE.

The post DIY-Donderdag: Kontoere vir beste selfie appeared first on SARIE.

3 maklike Game of Thrones-haarstyle om sélf te probeer

$
0
0

Almal gons oor die die gewilde TV-reeks Game of Thrones se sesde seisoen wat vanoggend weer begin wys het! Nou kan die SARIE-skoonheidspan ons verder vergaap aan die vrouekarakters se interessante (en ingewikkelde) haarstyle. Het jy al ooit gewonder of jy een van dié haarstyle sal kan herskep? Of dalk het jy selfs probeer?

5 roosparfuums waarvan ons net nie genoeg kan kry nie

Ons het drie maklike Game of Thrones-haarstyle gaan soek sodat jy ook soos jou gunsteling-fantasiekarakter kan lyk.

Wanneer jy vlegsel-haarstyle soos dié aanpak, is die geheim om altyd eers ’n stileerproduk wat tekstuur aan jou hare gee, aan te wend. Dit laat elke haartjie voller lyk en maak dit aansienlik makliker om elke haarseksie te vleg en in plek te hou. Die haarstyle werk die beste op hare wat skouerlengte en langer is.

1. Sansa Stark

FOTO: Skermgreep HBO

FOTO: Skermgreep HBO

Bokservlegsels of “bad girl braids” is tans een van die gewildste haarstyle in die skoonheidswêreld. Gee daarom dié haarstyl ’n moderne kinkel deur twee onderstebo- Franse vlegsels weerskante van jou kop te vleg, pleks van twee klassieke Franse velgsels.

 

Twosday #KristinEssHair

 

A photo posted by KRISTIN ESS HAIR (@kristin_ess) on

 

Stap 1: Skep ’n middelpaadjie en verdeel jou hare in twee gelyke dele weerskante van jou kop.

Stap 2: Vat die een helfte van jou hare en verdeel dit in drie gelyke seksies. Begin dan om ’n onderstebo- Franse vlegsel te vleg. Dié vlegsel werk presies soos die klassieke Franse vlegsel, maar pleks dat jy die drie stringe hare bo-oor mekaar vou, vou jy dit van onder na bo.

Stap 3: Vou die regterkantste string onderdeur (pleks van bo-oor) die middelste string en vou dan die linkerkantste string onderdeur die string wat nou in die middel hang.

Stap 4: Neem ’n fyn stringetjie hare uit die res van jou hare (aan die regterkant) en voeg dit by die nuwe string wat aan die regterkant is en vou dit dan onderdeur die middelste string. Doen nou dieselfde met die string aan die linkerkant van jou kop.

Stap 5: Herhaal stap 4 totdat die vlegsel aan die agterkant van jou kop trek. Nou kan jy die drie stringe net gewoonweg verder vleg (sonder om nóg hare in te vleg) tot by die punt van die gevlegte haarseksie.

Stap 6: Herhaal stap 2 tot 5 met die ander helfte van jou hare.

Stap 7: Draai nou die twee vlegsels in die middel agter jou kop een keer om mekaar. Steek dit vas met ’n haarknippie en spuit ’n paar spuitjies haarsproei aan om alles in plek te hou.

 Lees hiér meer oor bokser-vlegsels

2. Cersei Lannister

FOTO: Skermgreep HBO

FOTO: Skermgreep HBO

Dié styl is maklik om te herskep en is gepas vir alle ouderdomme en geleenthede.

 

Stap 1: Begin deur jou hare liggies te golf met ’n krultang of haaryster – probeer dié maklike tegniek. Sodra die golwe afgekoel is, wend net ’n paar spuitjies van ’n stileringsproduk wat tekstuur aan jou hare gee aan jou haarwortels. Skep ’n middelpaadjie.

Stap 2: Vat aan weerskante van jou kop ’n seksie hare by jou slape en draai die linkerkantse seksie kloksgewys en die regterkantse seksie antikloksgewys om jou vingers.

Stap 3: Vat dan met jou een hand die twee stroke agter jou kop in die middel saam en steek dit met haarknippies vas. As jy dikker hare het, sal dit beter werk om die hare met ’n dun haarrekkie vas te maak.

Stap 4: Vir ekstra volume by jou paadjie en haarlyn kan jy een of twee spuitjies daar aanspuit en liggies met jou vingers die hare effens deurmekaarkrap.  

3. Daenerys Targaryen

FOTO: Skermgreep HBO

FOTO: Skermgreep HBO

FOTO: Skermgreep HBO

FOTO: Skermgreep HBO

Van al die TV-karakters het Daenerys van die interessantste haarstyle. Ons hou veral van dié unieke tou-vlegselvoorkoms. Vir ’n makliker weergawe van die tou-vlegsel, probeer een soos die aktrise Nina Dobrev in die foto hieronder.

 

@NinaDobrev #TEENCHOICE #SNEAKPEEK! It’s not a knot, barely a braid, it’s a #RedCarpetRope! More details to come!

 

A photo posted by Riawna Capri (@riawnacapri) on

 

Stap 1: Skep ’n middelpaadjie en verdeel jou hare in twee gelyke dele weerskante van jou kop.

Stap 2: Vleg sowat drie klassieke Franse vlegsel-kettings in elk van die twee seksies en maak dit teen jou kop vas met fyn haarrekkies.

Stap 3: Nou kan jy begin om ’n tou-vlegsel te skep. Verdeel dan weer jou hare in drie dele, soos wanneer jy ’n normale vlegsel sou vleg.

Stap 4: Draai die drie dele kloksgewys om jou vingers.

Stap 5: Vat dan die drie gedraaide dele saam en draai dit in die teenoorgestelde rigting, dus anti-kloksgewys, totdat dit ’n tou-vlegsel vorm. Maak die vlegsel vas met ’n haarrekkie. Herhaal dié stappe aan die ander kant van jou kop.

Stap 6: Trek die vlegsel ’n bietjie los vir ekstra tekstuur en ’n deurmekaar voorkoms.

Stap 7: Jy kan selfs net een lae tou-vlegsel vleg en die vlegsel oor jou skouer laat hang.

Wat dink jy? Sal jy een van dié haarstyle probeer skep?

Bronne: www.thebeautydepartment.com, www.harpersbazaar.com

Dís hoekom koffie goed is vir jou…

The post 3 maklike Game of Thrones-haarstyle om sélf te probeer appeared first on SARIE.

Verbloem só donker kringe onder oë

$
0
0

Baie van ons onderskat die krag van verbloemer (concealer). ’n Bietjie verbloemer doen wondere om donker sirkels onder jou oë weg te steek sodat jy vars en uitgerus lyk. Die kuns van verbloemer lê in hoe jy dit aanwend omdat dit maklik oneweredig en plek-plek te dik aangeplak kan lyk. Gelukkig het ’n internasionale grimeerkunstenaar haar raad met ons gedeel …

Raad vir olierige hare

Tydens die skoonheidshuis M.A.C se onlangse Instant Artistry-opskietgeleentheid in Sandton City, Johannesburg, het internasionale senior grimeerkunstenaar Ashley Rudder onder meer stap vir stap verduidelik hoe om in ’n kits donker kringe onder jou oë te verbloem en ook ’n paar top-grimeerwenke gedeel.

Volg Ashley se raad stap vir stap:

Stap 1: Wend eers ’n bevogtigende oogroom aan die fyn vel onder jou oë en wag tot dit behoorlik in jou vel geabsorbeer is.

Stap 2: Gebruik ’n gekleurde verbloemer (colour corrector) om blou en grys ondertone onder jou oë te neutraliseer. Kies verbloemer in ’n perske skakering as jy ’n ligte gelaat het en een in ’n lig-oranje skakering vir ’n donkerder gelaat. Gebruik ’n klein grimeerborsel om die produk aan te wend deur sowat drie kolletjies van net onder die binnehoeke van jou oë tot by die middel aan te wend.

Stap 3: Voordat sy die produk inskakeer, hou Ashley daarvan om ook ’n geel gekleurde verbloemer op die donker dele aan te wend. Dit verhelder jou oë en laat jou onmiddellik varser en meer uitgerus lyk. Versprei die gekleurde verbloemers onder jou oë met ’n oogskadu-skakeerborsel en gebruik dan jou vingers om dit sagkens in jou vel in te tik.

Wenk: Een van Ashley se topwenke is om eerder ’n oogskadu-skakeerborsel pleks van ’n verbloemerborsel te gebruik wanneer jy verbloemer onder jou oë aanwend. Die ronde vorm en sagte haartjies help dat dit goed skakeer en dat jy nie te veel verbloemer op jou vel aanwend sodat dit aangeplak lyk nie.

Stap 4: As jy meer bedekking wil hê sodra die donker kringe geneutraliseer is, kan jy met ’n grimeerborsel ’n verbloemer met ’n geel ondertoon en romerige formule onder jou oë stippel (en met ligte tikbewegings die produk in jou vel inskakeer). Volgens Ashley kla baie vroue dat hulle sukkel om dié area volledig te bedek. “Dis omdat ons geneig is om die borsel oor ons vel te ‘vee’, ’n beweging wat die bedekking meer deursigtig maak. Deur die formule met ’n borsel te stippel, ‘bou’ jy die bedekking op.”

Kyk ook na dié M.A.C Instant Artistry-video:

Met hul Instant Artistry-veldtog deel M.A.C die kennis van hul talle senior grimeerkunstenaars wêreldwyd met ons! Besoek hul Youtube-kanaal vir nóg grimeerwenke, raad en stap-vir-stap verduidelikings!

Probeer dié produkte:

M.A.C Studio Finish Concealer Duo (R400)

Smashbox High Definition Concealer (R280)

Bobbi Brown Corrector (R300)

Revlon Colorstay Concealer (R189)

Estée Lauder Blending Shadow Brush 25 (R415)

Lees nou

Kinder-fashionistas te oulik vir woorde!

The post Verbloem só donker kringe onder oë appeared first on SARIE.

Blinkers vir jou kroon? Ons wys jou hoe

$
0
0

Blinkers is terug – nie net op jou oë nie, maar ook in jou hare!

Ons het reeds aan die begin van die jaar gesien hoe sommige bekendes, soos Kendall Jenner, Rita Ora en Miley Cyrus, by feeste en partytjies pronk met blinkers op hul haarpaadjies. Maar toe die Teen Wolf-aktrise Holland Roden vroeër dié maand by die VMA-toekennings met subtiele goue blinkers al langs haar haarpaadjie (en bypassende goue oogomlyner) op die rooi tapyt verskyn het, is die SARIE-skoonheidspan éérs geïnspireerd. In so ’n mate dat ons besluit het om self dié “Glitter Roots”-voorkoms uit te probeer …

 

Ons is mal oor dié nuwe tendens! Dis opwindend en ’n maklike manier om jou voorkoms die komende feesseisoen ’n tikkie glans te gee.

Kies silwer, koper of goue blinkers en meng dit met ’n bietjie haarjel. Verf dit dan met ’n grimeerborsel liggies al langs jou haarpaadjie vir ’n subtiele blinker-voorkoms. ’n Bietjie haarsproei daarna hou die blinkers heeldag in plek.

Hiér wys ons jou stap vir stap hoe om “glitter roots” te skep:

Wat dink jy?

 

Lees nou

Hoe lank voor jy jou grimeerprodukte moet uitgooi?

5 goed wat skool jou nooit geleer het nie

The post Blinkers vir jou kroon? Ons wys jou hoe appeared first on SARIE.

VIDEO: SA geïnspireerde nael-idees

Dís die sleutel tot ’n stralende vel

$
0
0

Vergeet vir eers van contouring, die slim grimeertruuk waar jy met die skep van kontoere jou gelaatstrekke kan verbeter. Deesdae is die skoonheidswêreld se nuutste gonswoord eerder non-touring!

Modelle soos Gigi Hadid en Rosie Huntington-Whiteley is aanhangers en selfs die werklikheidster en kontoer-koningin Kim Kardashian erken dat sy nou eerder ’n stralende gelaat bo perfek gedefinieerde wangbene verkies. En die beste van als? Jy het net drie produkte nodig om dié voorkoms te skep!

Gigi Hadid

Dink aan die voorkoms as lig wat op jou vel geverf word. Verligter word gebruik om die dele van jou gesig waar lig natuurlik val glans te gee vir ’n natuurlike gloed, het Raine Tauber, senior grimeerkunstenaar van M.A.C, tydens die grimeerhuis se tendensvoorskou vir somer gesê. “Die res van jou grimering is minimaal met merkies en vlekkies wat plek-plek subtiel deurskyn.”

 

Rosie Huntington-Whiteley

“Omdat lig van spesifieke dele van jou gesig, soos jou wangbene of neusbrug, af weerkaats, skep dié grimeervoorkoms die illusie van ’n fermer vel wat jeugdig en gesond lyk,” sê Chris Williams, plaaslike grimeerkunstenaar van Estée Lauder. Dis perfek om deur die dag tydens die somermaande te dra, omdat jy dan minder produkte met ligter formules op jou vel wil gebruik.

Waar die skep van kontoere ’n geoefende grimeerhand en hope produkte nodig het, is dié grimeervoorkoms maklik en vinnig om te kry – net drie produkte is nodig!

Doen dit só:

Stap 1: Begin met ’n basislaag (primer) oor jou hele gesig. Dit “vul” ’n oneweredige veltekstuur in sodat jy ’n gladde gelaat het wanneer jy onderlaag aanwend.

Wenk: As daar hier en daar merkies of vlekkies is wat jy wil bedek, kan jy eers ’n verbloemer hier aantik voordat jy onderlaag aanwend.

Stap 2: Kies ’n getinte vogroom of BB-room met ’n douerige afwerking wat jou vel minimaal bedek. Gebruik jou vingers of ’n grimeersponsie en versprei dit liggies met drukbewegings oor jou vel sodat dit natuurlik lyk.

Stap 3: Tik verligter op jou wangbene, die brug van jou neus, jou oogbanke en ken. Dit is die dele van jou gesig waar lig natuurlik val. ’n Vloeibare formule skakeer die maklikste sodat dit lyk asof jou vel van binne gloei.

Probeer dié produkte vir die non-touring voorkoms:

Vichy Idéalia Smoothing and Illuminating Gel Cream (R330)

Die nuwe vogroom absorbeer oortollige sebum en keer so dat jou vel blink.

Max Factor Facefinity All Day Primer SPF 20 (R210)

Skep ’n gladde basis met ’n mat-afwerking wat hóú met dié basislaag. By Clicks

Estée Lauder All-Day Glow BB Moisture Makeup SPF 30 (R525)

Die BB-room bedek jou vel volledig en gee jou vel ’n douerige afwerking.

M.A.C Strobe Cream (R430)

Dié vloeibare verligter bevog ook.

Benefit Girl Meets Pearl Liquid Pearl Luminizer for Face (R425)

Die romerige verligter is maklik om te gebruik en pas in jou handsak. By Edgars

 

Lees nou

VIDEO: Probeer dié SA geïnspireerde nael-idees

Dít sê jou voete oor jou gesondheid …

The post Dís die sleutel tot ’n stralende vel appeared first on SARIE.

Wil jy vals wimpers probeer? Hiér’s wat jy moet weet

$
0
0

In die 1960’s was die Engelse model Twiggy bekend vir haar bonkige wimpers en vloeibare oogomlyner. Dit het haar oë wawyd oop laat lyk. Dié seisoen het jou wimpers selfs meer drama as Twiggy s’n.

En hiervoor is vals wimpers perfek. Is jy ook lus om die wêreld van vals wimpers te betree, maar onseker oor waar om te begin? Hiér is wat jy moet weet …

Só baie opsies! Kies reg vir jou

Vals wimpers kom in ’n magdom verskillende vorms en groottes, sê Faith Seoue, grimeerkunstenaar en plaaslike valswimper-kenner van die produkreeks Eylure. Dis nie altyd maklik om te weet watter vals wimpers is reg vir jou nie, veral as jy in ’n winkel vol keuses staan. Hou dié wenke in gedagte:

* As jy nog nie voorheen vals wimpers gebruik het nie, kies dié wat jy as ’n strook oor jou hele wimperlyn aanwend. Dis veelsydig, maklik om te gebruik en kom gewoonlik saam met aanwendingsgom, sê Faith.

* Individuele vals wimpers, wat jy op spesifieke dele van jou wimperlyn aanwend, is ook beskikbaar, maar is moeiliker om baas te raak.

* ’n Strook met effens langer wimpers in die middel lyk meer natuurlik.

* ’n Strook met langer wimpers aan die buitehoeke is perfek vir ’n dramatiese katoog-voorkoms en help ook om kleiner oë breër en meer oop te laat lyk.

* ’n Strook met vol, dik wimpers oor die hele strook is treffend en vertoon goed op foto’s.

Wend dit só aan

Stap 1: Gebruik ’n knyptangetjie om die vals wimpers uit die verpakking te verwyder. Meet die strook teen jou oog. As die strook langer is as die lengte van jou wimperlyn, kan jy ’n naeltangetjie gebruik en dit effens korter sny, sê Faith.

Stap 2: Gebruik ’n oorstokkie om die gom liggies op die wimperstrook aan te wend. Wag dan vir sowat ’n minuut tot die gom effens taaierig voel.

Stap 3: Begin by die buitehoek van jou oog en wend met ’n knyptangetjie die strook so na moontlik aan jou wimperlyn aan. Wag sowat ’n minuut vir die gom om behoorlik droog te word. Die strook moet dan stewig teen jou wimperlyn lê.

Stap 4: Wend daarna vloeibare oogomlyner bo-oor die wimper-stroke aan, gevolg deur twee lae maskara om jou natuurlike wimpers en die vals wimpers in mekaar in te weef, sê Faith.

WENK: Vir nóg drama kan jy ’n knyptangetjie gebruik om ’n paar wimperhaartjies op ’n slag teenmekaar te druk terwyl die maskara nog nat is sodat dit bonkiger lyk. Dié voorkoms is nie vir elke dag se dra nie, maar perfek vir ’n spesiale geleentheid of ’n aand uit.

Stap 5: Om jou vals wimpers weer te verwyder, gebruik ’n olievrye-grimeerverwyderaar om die gom te versag. Die vals wimpers sal dan maklik van jou oë afgly.

WENK: As jy nog sukkel met die aanwending van vals wimpers, kan jy ook vloeibare oogomlyner teen jou wimperlyn aanwend en wag tot dit droog is voor jy die strook opplak. Dit help om die strook te verbloem, sê Faith.

Probeer dié produkte:

Eylure Volume Starter Kit in No 101 (R80)

Dié valswimper-stelletjie kom met ’n oefen-wimper, aanwendingsgom en ’n spesiale aanwendingstokkie. By Dis-Chem en Clicks

M.A.C 3 Lash (R200)

Dié vals wimpers sorg vir ’n voorkoms van lang, vol wimpers.

Essence Lashes To Impress 02 Single Lashes Mix (R55)

Wend individuele vals wimpers net in die buitehoeke van jou oë aan om jou oë groter te laat lyk.

Essence Lashes to Impress Lash Glue (R50)

Jy kan dié bekostigbare aanwendingsgom apart koop.

Maybelline The Falsies Push Up Drama Mascara (R150)

Die smal borsel van die maskara maak dit maklik om elke haartjie van jou natuurlike en vals wimpers te bedek.

Bykomende bronne: www.paulaschoice.com, www.stylecaster.com

Lees nou

50 babaname wat verbied is

Wat sê jou lipstiffie se vorm oor jou?

The post Wil jy vals wimpers probeer? Hiér’s wat jy moet weet appeared first on SARIE.


VIDEO: Stap vir stap na smeulende, rokerige oë

$
0
0

Smeulende, rokerige oë bly seisoen na seisoen in die mode en lyk supersexy. Die geheim is om jou oogskadu-kleure goed saam te skakeer vir ’n soort ombré-gevoel.

As jy nog altyd wou weet hoe om dié voorkoms foutloos reg te kry, het ons goeie nuus! Ons eie 2013-Voorbladgesigwenner, Marike Nel, wys hiér stap vir stap hoe om vir ’n spesiale geleentheid of ’n aand uit ’n smeulende voorkoms op jou oë te skep.

 

Kyk hiér na die stap-vir-stap-video:

Lees nou

Die 6 maklikste grimeertruuks vir jonger lyk

Is jy dalk skuldig aan een van dié haarwasfoute?

The post VIDEO: Stap vir stap na smeulende, rokerige oë appeared first on SARIE.

VIDEO: Vars en maklike somergrimering

$
0
0

Dis amptelik somer! En die luilekker dae vra vir vars en eenvoudige grimering. Hou dit natuurlik met net ’n spatsel kleur op jou oë, wange en lippe. Byna deursigtige pastelskakerings soos pienk, pers en oranje is perfek.

Hiér wys ons eie 2013-Voorbladgesigwenner, Marike Nel, stap vir stap hoe om ’n vars en ligte grimeervoorkoms met pienk en perske skakerings vir elke dag te skep. Net vyf maklike stappe is nodig vir dié voorkoms wat by alle ouderdomme en velkleure pas.

Die model en TV-aanbieder Minki van der Westhuizen dra graag ligte grimering in perske skakerings.

Kindness is the language which the deaf can hear and the blind can see – Mark Twain #bekind #worldkindnessday @claudiadenobrega

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Kyk hiér na die stap-vir-stap-video:

Lees nou

Slim maniere om jou hare te stileer ná ’n oefensessie

VIDEO: Skep só “smokey”-oë stap vir stap

The post VIDEO: Vars en maklike somergrimering appeared first on SARIE.

Voorbladwenner deel top-grimeerwenke vir bruide

$
0
0

Ons eie 2013-Voorbladgesigwenner Marike Nel maak deesdae naam as ’n grimeerkunstenaar vir onder meer die grimeerhuis MUD. Sy het onlangs vir een van ons 2015-finaliste, Hané Carshagen, die mooiste grimeervoorkoms vir haar troudag geskep. Hiér verduidelik Marike stap vir stap hoe sy Hané se sprankelende grimering geskep het. Sy deel ook ’n paar top-grimeerwenke vir aanstaande bruide.

Só het Marike ’n vars en sprankelende grimeervoorkoms vir Hané se troudag geskep:

“Hané is reeds beeldskoon sonder enige grimering en ek het daarom haar grimering simplisties gehou en veral gefokus op haar potblou oë,” sê Marike.

Hané op haar troudag. FOTO: Verskaf

Hané op haar troudag. FOTO Verskaf

Oë:

* Ek het begin met ’n oogskadu-basislaag op haar ooglede sodat haar ooggrimering heeldag hou.

* Daarna het ek ’n kombinasie van ’n ligte woestynbruin kleur en ’n mediumdonker bessiebruin kleur in die buitehoeke van haar oë aangewend, gevolg deur ’n glinsterende sjampanje kleur in die binnehoeke. Dit laat die oë groter lyk. Ek het die eerste twee kleure liggies aan die onderkant van haar oë herhaal.

* Ek het saggies met ’n swart oogpotlood ’n lyntjie teenaan die onderste wimperlyn getrek en nie direk in die waterlyn nie, want dit kan die oë kleiner laat lyk.

* Haar oë is afgerond met ’n paar lagies swart maskara op die boonste wimpers.

Vel:

* Hané se vel is baie goed versorg en het daarom minimale onderlaag en verbloeming nodig gehad.

* Ek het ’n onderlaagpoeier oor haar hele gesig aangewend en vir ’n gesonde glans ’n tikkie verligterpoeier net bo haar wange, op haar neus en in die middel van haar voorkop.

* ’n Sagte pienk blos op die appels van haar wange het haar vel mooi afgerond.

Lippe:

* Ek het ’n aardse pienk lipkleur vir Hané gekies. Dit pas by haar sprankelende persoonlikheid en komplementeer haar blou oë.

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

Marike deel ook dié top-grimeerwenke vir jou troudag:

#1: ’n Gesonde vel verseker dat jou grimering ook mooi lyk. Volg ’n goeie velsorgroetine en gaan in die maande voor jou troudag vir gereelde gesigbehandelings, afskilfering en voedende maskers (of doen dit self tuis) om jou vel goed te bevog en soepel te hou.

#2: Maak seker dat jou ooggrimering die hele dag hou en mooi lyk deur vooraf ’n basislaag of deursigtige poeier oor jou ooglede aan te wend. Gebruik ook waar jy kan skakerings met ’n mat-afwerking.

#3: Om jou wimpers voller en langer te laat lyk, wend individuele vals wimpers net op die buitenste hoeke van jou wimperlyn aan. Dit lyk natuurlik en laat jou oë groter lyk, en voel boonop glad nie so ongemaklik en swaar soos ’n vol stel vals wimpers nie.

#4: As jy onseker is oor hoe jou grimering op jou troudag moet lyk, is ’n vars, natuurlike voorkoms met neutrale skakerings altyd ’n staatmaker-voorkoms. Hou in gedagte dat jou grimering ’n bietjie sterker moet wees sodat dit op foto’s ook mooi wys.

#5: Ek glo dis belangrik om die styl en kleurskema van jou troudag in gedagte te hou wanneer jy op ’n spesifieke grimeervoorkoms en grimeerkunstenaar besluit. Dit alles weerspieël iets van jou persoonlikheid en smaak. Klassieke grimering met dieprooi lippe werk byvoorbeeld goed saam met ’n dramatiese dekorstyl en herfskleure, terwyl ’n vars, neutrale grimeervoorkoms by sagte pasteldekor pas.

Probeer dié produkte:

MUD Eyeshadow Compact in Canyon, Berrywood (foto) en Bone (R339 elk)

By MUD-winkels of aanlyn by www.mudsa.co.za

Almay Intense I-Color Gel Smooth Liner in Black (R190)

Smashbox Photo Filter Creamy Powder Foundation (R540)

Eylure Pro-Lash Individuals Lashes (R120)

Clarins Rouge Prodige True Hold Colour and Shine Lipstick in Tea Rose (R300)

Lees nou

Die skoonheidsvrae wat die meeste gegoogle word …

Posh Spice sing weer!

The post Voorbladwenner deel top-grimeerwenke vir bruide appeared first on SARIE.

Só grimeer jy soos Kate Middleton

$
0
0

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, kan altyd deur ’n ring getrek word. Sy is stylvol, elegant en sjiek. En sagte rokerige oë is deel van haar staatmaker-voorkoms. 

Saam met haar welige wenkbroue en ’n tikkie pienk op haar wange en lippe laat dié voorkoms haar glansryk, dog gemaklik en toeganklik lyk. Dis ook geen geheim nie dat Kate daarvan hou om sélf haar grimering voor glansgeleenthede aan te wend. Sy het selfs op haar troudag haar eie grimering gedoen!

Dit hoef jou nie ure te neem om jou rokerige oë te skep nie – al wat nodig is, is ’n veelsydige oogskadu-palet en dié maklike stappe …

Kate se rokerige oë in 5 stappe

Die geheim van rokerige oë is om jou oogskadu-kleure goed in te skakeer vir ’n soort ombré-gevoel. Kies ’n oogskadu-palet met drie neutrale kleure in skakerings van medium tot donker.

Stap 1: Wend die medium skakering van die binnehoek van jou oog tot in die middel van jou ooglid aan met ’n oogskadu-kwas.

Stap 2: Skakeer die donkerder skakering van die middel van jou ooglid na die buitehoek van jou oog in. Gebruik redelike ruim kwashale.

Stap 3: Wend die donkerste skakering teenaan jou boonste wimperlyn aan. Wend dié skakering ook in die vou van jou ooglid aan en skakeer die kleur baie goed in.

Stap 4: Vir ekstra drama, wend ook die donkerste skakering net onder jou oog aan en skakeer dit liggies na die buitenste hoek in.

Stap 5: Tik ’n bietjie van die ligste skakering in die binnehoek van jou oog aan om dit groter te laat lyk. Nou het jy net ’n paar lae maskara nodig om die voorkoms perfek af te rond.

The post Só grimeer jy soos Kate Middleton appeared first on SARIE.

Viewing all 19 articles
Browse latest View live